Wednesday, April 14, 2010

Dwaalster deur Eugène Terre'Blanche

Dwaalster

deur Eugène Terre'Blanche

 
Tussen volmaakte sterre
Hang ’n goudkleur maan
En ek grawe na herinneringe diep gebore
Na die dwaalster se ontstaan
 
In watter vreemde nag
Het die skitter ster uit sy baan
Met groter glimkrag
Sy eie koers gegaan
 
Dwarsoor die melkweg se wit
Het hy gillend en glimmend gegly
In sy afdraande rit
By planete en sterre verby
 
Op die rand van die afgrond
Het Hy gestaan
Met hande deur spykers verwond
                                                      En Hy gryp my, want ek wou saam
 

1 comment:

  1. Die stem is stil.
    Wie sal die volgende stem wees wat stil raak?
    Vader is dit nog nie tyd nie?

    ReplyDelete